
=====================================================================
'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Nuwe Afrikaanse webwerf

In Augustus vanjaar het Afriklub die kuberruimte betree. Die fokus val hier op Afrikaanse taalbeleid en taalonderrig, s Angelique van 
Niekerk.

AFRIKLUB is 'n landswye projek van die Stigting vir Afrikaans wat geborg word   deur die Internetverskaffer Intekom. Ten einde nasionaal te 
funksioneer is die land in drie groot streke verdeel: a) die Wes-en Oos-Kaap, b) Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Noordelike 
Provinsie en c) die Vrystaat, die Noord-Kaap en Noordwes. Vir elke streekgroep is daar 'n inligtingskordineerder wat haar (almal is vroue) 
oor op die grond hou en inligting insamel vir die verskillende rubrieke van di webwerf.

Die rubrieke is: Wie, wat en waar; In diepte; Afrikaanskalender; Onderrignavorsing; Boekehoek; Ver in die wreld; Afrikaans wat dans en Die 
fontein.

* In die Wie, wat en waar-kolom is met die bekendstellingsuitgawe volledige adres- en kontakbesonderhede van tersire instellings soos 
universiteite, technikons en onderwyskolleges landswyd gepubliseer. Met die opdatering in Oktober het die adresbesonderhede van Afrikaanse 
leeskringe en Vriende vir Afrikaans-takke landswyd verskyn. Ou adresse is in die argief van die webwerf beskikbaar. Die adreslys sal 
uiteindelik ook voorsiening maak vir die adresse van uitgewers van Afrikaanse boeke, skrywersgildes, media, kultuurorganisasies, ens.
* In die In diepte-rubriek het dr. Theo du Plessis, van die Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging, 'n artikel geskryf om die 
taalbeleid van die land toe te lig. Met opdatering in Oktober is die taalbeleid van die Universiteit van Port-Elizabeth gepubliseer en daar 
sal uiteindelik in die rubriek voorsiening gemaak word vir die taalbeleid van verskillende onderriginstellings en die onderskeie provinsies 
in die land. Naas taalbeleidsdokumente en artikels maak die rubriek ook voorsiening vir gestruktureerde reaksie wat met taalbeleidsake 
saamhang, bv. die SABC se hantering en toepasssing van die elftalige beleid of bespreking van die gewilde tameletjie: "'n Afrikaanse of 
Engelse skool vir my Afrikaanse kind?"
* Die Afrikaanskalender-rubriek het verskeie onderafdelings om onder meer voorsiening te maak vir die kalenders van leeskringe landswyd, 
kultuurgeleenthede, Afrikaanse musiekgeleenthede, Afrikaanse projekte (geletterdheid, ens.) en inligting aangaande kongresse en seminare 
oor Afrikaans en/of taalonderrig te plaas. Kongresorganiseerders kan bv. hulle kongresprogramme hier bekend stel. Onder die opskrif 
"Onderrig en opleiding: kies en keur" word opeenvolgend aan verskeie onderriginstansies se (nuwe) kursusse aandag gegee. Die Afrikaans (en 
Nederlands) departemente van die UK, UOVS, PU vir CHO, en Uniqwa was met die bekendstelling aan die beurt. Tans kry die RAU en die 
Universiteit van Natal blootstelling.
* Die Boekehoek maak met elke volledige opdatering voorsiening vir die nuwe publikasies van twee of meer uitgewers van Afrikaanse boeke. 
Die publikasies van J.P. van der Walt en Pharos-uitgewers was reeds aan die bod en tans kry die publikasies van Brevitas, Perskor en 
Bienedell aandag. Dis 'n bemarkingsgeleentheid vir uitgewers.
* Wat Ondererrignavorsing betref, word 'n lys van nuwe akademiese publikasies oor taalonderrig, asook die inhoudsopgawes van enkele 
akademiese tydskrifte op di gebied verskaf. Daar word ook 'n opsomming gebied van interessante artikels uit van die tydskrifte. Afriklub 
se besoekers is welkom om nuwe inligting onder die aandag van die inligtingskordineerder te bring.
* Voorts word daar in die Afrikaans wat dans-rubriek maandeliks 'n nuwe taalspeletjie (versorg deur prof. Johan Combrink) en nuwe of 
interessante woordskeppinge verskaf. Die ou taalspeletjies word in die argief bewaar.
* Ten slotte gee Die fontein-rubriek gereeld nuwe klikopsies na ander nuttige Afrikaanse webwerwe. Ou, maar lewendige fonteine word in die 
argief bewaar.

Intekom as borg van Afriklub bewys weer eens sy verbondenheid tot die ontwikkeling van Internetoplossings gemik op klein en medium 
sakeondernemings. Besoek vir meer inligting: http://corporate.intekom.com

Afriklubmedewerkers is: prof. Johan Combrink, projekleier (e-pos:   tesourus@afriklub.co.za); dr. Angelique van Niekerk, 
inligtingskordineerder en streekverteenwoordiger van die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes (e-pos: angel@afriklub.co.za); prof. Anna 
Coetzee   (e-pos: aec@afriklub.co.za) en me. Leonie Kotze (e-pos: leoni@intekom.co.za),   streekverteenwoordigers van Gauteng, Mpumalanga, 
KwaZulu-Natal en die Noordelike Provinsie, en dr. Helena Liebenberg,   streekverteenwoordiger van die Wes- en Oos-Kaap (e-pos: 
cl@afriklub.co.za).

Afriklub se webadres is: www.afriklub.co.za Dr. Angelique van Niekerk is verbonde aan die Departement Afrikaans aan die Vrystaatse 
Universiteit.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av557.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

